Man vas oor vervalste sokkerkaartjies

Argieffoto Foto: Andy03, Pixabay

Argieffoto Foto: Andy03, Pixabay

ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering nagemaakte sokkerwedstrydkaartjies buite die Kaapstad-stadion verkoop het.

Die voorval het Saterdag plaasgevind kort voor Bidvest Wits kragte gemeet het teen Kaizer Chiefs. Volgens JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit van die Stad Kaapstad, is 63 vervalste toegangskaartjies in die verdagte se besit gevind.

Smith het gesê die man is nie die enigste misdadiger wat oor die naweek in die stad aangekeer is nie. ʼn Dwelmhandelaar is dieselfde dag ook in Parkwood vasgetrek.

“Daar is beslag gelê op tik, Mandrax, heroïen en dagga wat in sy besit gevind is nadat hy in ʼn stegie by die Parkwood Walk-winkelsentrum in hegtenis geneem is,” het hy gesê.

ʼn Hond van die polisie se K9-honde-eenheid het ʼn verdere 60 sakkies Mandrax uitgesnuffel wat in ’n elektrisiteitsboks versteek was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Eish!

Die tweede deel van die berig handel oor ‘n persoon wat op dieselfde dag ook in Kaapstad in hegtenis geneem is.
Ons stem in dat die foto nie by die opskrif of eerste deel van die berig inpas nie, dankie dat jy ons daarop gewys het – ons het dit nie vroeër raakgesien nie!
Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.