Man vas oor vierjarige se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 40-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vierjarige seuntjie in Hanover Park.

“Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen en rondtes ammunisie,” het brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die seuntjie is Woensdag deur onbekende mans doodgeskiet.

“Die vuurwapen wat gekonfiskeer is, was vermoedelik die moordwapen,” het Potelwa bygevoeg. Die verdagte staan tereg op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. “Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Hanover Park op Maroela Media.

Die vuurwapen wat vermoedelik gebruik is om die vierjarige seuntjie op 23 Desember 2015 in Hanover Park dood te skiet Foto: SAPD, Wes-Kaap

Die vuurwapen wat vermoedelik gebruik is om die vierjarige seuntjie op 23 Desember 2015 in Hanover Park dood te skiet Foto: SAPD, Wes-Kaap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie ·

Hierdie tipe berigte breek my hart… Diè arme seuntjie het dit tog sekerlik niè verdien nie! As hy nog ‘n mamma het; my innige simpatie…

Drieks ·

Dis wat die ANC vir hierdie klein seuntjie gebring het, geen vryheid… Wat is die verkil tussen hierdie gebeure en apartheid.. Ons land huil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.