Man vas oor vriendin se liggaam onder bed

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Klerksdorpse man is agter tralies nadat die liggaam van sy vriendin, toegedraai in ʼn laken en ʼn kombers, vroeër in sy huis in Jouberton aangetref is.

Tsholofele Olifant (30) is vermoedelik verlede Saterdag al doodgesteek.

Die 33-jarige verdagte, Olifant se kêrel, het haar glo verlede naweek eers met ʼn ketting aangerand. Hy het daarna sy suster, wat probeer ingryp het, verwilder, sê kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes.

Die vrou is Maandag terug na die huis, waar haar broer aan haar gesê het Olifant is Vryburg toe. “Ten spyte van ʼn onwelriekende reuk, is die vrou daar weg. Sy het Woensdag weer na haar broer se huis teruggekeer en hoewel hy nie daar was nie, kon sy die huis binnegaan.”

Die slegte reuk het steeds in die lug gehang en die vrou het Olifant se lewelose liggaam onder die bed aangetref. Sy het daarna die polisie ontbied.

Die verdagte is Donderdag aangekeer en sal na verwagting Maandag op aanklag van moord in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiehoof, het speurders geloof wat onophoudelik gewerk het om Olifant se vermeende moordenaar aan te keer.

Die motief vir die moord is in hierdie stadium onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rina ·

Die mensdom het mal geword want reg is deesdae verkeerd en andersom

Peach ·

En geen krediet aan die suster of, “die vrou” wie ‘n dapper rol in hierdie hele sage gespeel het nie.

Swartskaap ·

Daar is geen moraliteit, etiek, eerlikheid en menswaardigheid oor in dié land nie. Dit is nou elkeen vir homself. Dog eat dog.

Waarnemer ·

Sy wou duidelik nie toegee aan sy eise nie.Los hom dat die gemeenskap met hom afreken.

JohanR ·

Het die ou nou gedink die vrou se lyk kon vir ewig onder die bed le? Nog een wat lewenslank tronk toe sal gaan en belastingbetalers sal betaal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.