Man vas oor vrou se lyk in rivier

Die Vaalrivier, soos gesien van die N8 in die Noord-Kaap Foto: Google Maps

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn 29-jarige vrou se liggaam in die Vaalrivier in die Noord-Kaap gevind is.

Die 32-jarige man is Maandag in hegtenis geneem nadat die vrou se liggaam oor die naweek gevind is, het kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vrou is intussen geïdentifiseer as Angelique Harmse. Haar liggaam is Saterdag omstreeks 13:30 in die Vaalrivier naby die Riverton-brug gevind. Die liggaam was al gedeeltelik ontbind en sy was halfnaak.

Die ondersoek duur voort. Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Modise Moshotla kontak by 082 302 0407.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leon Pit ·

Dis moord en doodslag en dan brand ons land ook op alle plekke. Waar gaan dit eindig. Die regering is glad nie op Standaard nie.

ANNA ·

Dis voorwaar só tragies…?
Om op só onwaardige wyse te sterf.
BAIE STERKTE AAN HAAR FAMILIE?

Kelly ·

Moord-Buurtkrag-Skole Wangedrag-Diefstal Suid Afrika wat gaan aan is dit maar nou die lewe wat ons aan ons toekomstige kinders en families wil gee ?

Ek is n 24jarige en vra elkedag vir myself af of dit die moeitewerd is om n beskuldigde of deelnemer te wees van bogenoemde dit gril my mors dood en breek my hart om dit te se maar suid afrikaanse gereg is om te blameer vir die gedrag van suidafrika.

Bring terug die hangpaal of tyreband halsnoer.
????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.