Man vas oor Zuma ‘sluipmoord’-bewerings

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

ʼn Man wat beweer het dat daar ʼn sluipmoord teen pres. Jacob Zuma beplan word, is deur die Valke in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Ernest Nkosi (26) het glo e-pos-boodskappe aan die woordvoerders van die minister van polisie en die Gautengse provinsiale regering, die kommissaris van die misdaadintelligensie-eenheid en aan BMW Suid-Afrika gestuur waarin die beweerde plan om Zuma te vermoor uiteengesit word.

Nkosi het beweer daar was ʼn voertuig waarvan die sitplek gif op sou hê wat glo die president sou vergiftig as hy daarop sit. Hy het ook beweer dat lede van die polisie se BBP-beskermingseenheid, lede van die Valke en sekere ministers en LP’s deel was van die komplot.

“Asof dit nie genoeg is nie, het die man ook dreigende SMS’e aan belangrike persone gestuur, insluitende hooggeplaastes in verskeie staatsdepartemente en die hoof van verdedigingsintelligensie,” het Mulaudzi gesê.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur en Nkosi is in ʼn biblioteek in Sharpeville in hegtenis geneem. Hy het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn waar hy na die Weskoppies- psigiatriese hospitaal verwys is.

Hy sal op 7 Maart weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

NEL ·

Is bevrees dat Zuma se eie trawante hom gaan uithaal as ek sien hoe dit in die parlement gegaan het die laaste week of twee. Zuma sal uit sy dop moet klim en daadwerkliks iets positief moet doen om sodoende sy bas te red.

NEL ·

Esmarie, dit is maar moeilik as jy niks tussen die ore het, om so iets te beplan nie. Dit is ook nie moeilik om goed in plek te sit en daar tehou as jy dit kan doen nie. Sal die pers dop hou vir ‘n moontlike medalje perade.

humor ·

z se probleem is nie so groot nie. Hy het mos Nkandla waar hy kan wegkruip. Baie veilige maatreels geskep. Behalwe as hy in die swembad val. Nee as dit so sou gebeur dan word daar n held van hom gemaak. Los maar liewer die plan. Hy moet maar liewer self in sy eie swembad val.

Trolle ·

Ek verstaan nie hoe neem hulle iemand in hegtenis wat hom waarsku.So as ek sien iemand gaan iemand doodmaak is dit maar beter om liewers stil te bly?Nou sien ek hoe erg die land al heen is om krimenele te beskerm.

jaycee ·

Volgens die feite in die berig is dit duidelik dat Nkosi vir ‘n lang tyd in Weskoppies moet deurbring.

Kobus van Staden ·

Hyt net free board and lodge gesoek en dit gekry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.