Man vas vir 2-jarige se skietdood

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 22-jarige man is Maandag in Port Elizabeth in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn tweejarige seun.

Die seun, Akiem Baartman, is op 18 November 2017 noodlottig gewond toe hy in ʼn straat in Helenvale gespeel het.

“Op dié dag het ʼn 17-jarige seun omstreeks 14:45 op die trappe van ʼn huis in Hartbeesstraat gesit, toe ʼn verdagte hom genader en op hom begin skiet het. Die tiener het in die straat ingehardloop en die verdagte het aanhou skiet. Die kleuter is tydens die skietvoorval deur ʼn dwaalkoeël in die kop getref en die tiener is in die nek gewond,” het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.

Volgens Naidu was die skietvoorval bendeverwant en het die polisie ʼn volskaalse ondersoek van stapel gestuur.

“Die provinsiale bende-ondersoekeenheid het Maandag omstreeks 10:30 inligting opgevolg wat hulle na ʼn kroeg in Voissenweg in Gelvandale gelei het. Die 22-jarige verdagte, wat ʼn lid is van die Upstand Dogs-bende, is in hegtenis geneem.”

Die verdagte moet Donderdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Brig. Andrew Louw, bevelvoerder van die Mount Road-polisiegroepering, het die gemeenskap bedank wat die polisie bygestaan het om die verdagte, wat die polisie voortdurend ontduik het, op te spoor.

“Die gemeenskap is die oë en ore van die polisie. Ons het mense se samewerking nodig om roekelose misdadigers uit die samelewing te verwyder,” het Louw gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elle ·

Wat maak ‘n tweejarige kleuter in die straat? Waar is die mense wat hom moes versorg?

Cherokee ·

Luister nou mooi julle twee, dit sou meer sin gemaak het as julle gevra het wat maak koeëls in ‘n straat.

Ouma ·

Bendegeweld, moord, verkragting, wreedheid teen vroue en kinders, plaasmoorde is soos ‘n nimmer-eindigende verhaal in ons land. Die storie bly dieselfde, Dit is net die name wat verander. Wanneer gaan dit tog ophou…..?

Theresa ·

Ja, waar is die kleuter se ouers? Is hul tot verantwoordelik geroep? Sien die bende naam is Upstan dogs. Wil jy nou meer. Hoop die skuldige word gou gevang.

pieter ·

Die saps breek my pleks sê hulle iemand was kwaad vir die beskuldigde en het hom verkla by die polisie dit is al hoe hulle iemand kan vang

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.