Man vas vir 5-jarige se moord

Minentle Lekhatha. Foto: The Pink Ladies.

’n Man (35) is in hegtenis geneem in verband met die moord op Minentle Lekhatha (5).

Maroela Media het vroeër berig die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat die lyk van ʼn vyfjarige dogtertjie in Broadway Soekstraat in Nomzamo, in die Strand, gevind is.

Minentle Lekhatha se liggaam is Sondagmiddag gevind nadat sy Saterdag as vermis aangemeld is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê sy is omstreeks 20:30 as vermis aangemeld. Sy het ten tyde van haar verdwyning ligblou nagklere aangehad en is laas gesien waar sy buite haar huis in Nomzamo gespeel het.

Lt. Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is van dieselfde area as Minentle. “Hy is in hegtenis geneem vir moord en sal op 8 Junie in die Strand-landdroshof verskyn,” het Traut gesê.

Hy het bygevoeg die presiese besonderhede rondom sy inhegtenisname kan nie in dié stadium bekend gemaak word nie, omdat die omstandighede rondom die moord nog ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Petro

Ons soek die dood straf vir sulke walglike dade…niks minder!!
RIV kleinding ?

LMF

Regtig almal sanik oor doodstraf maar in sulke geval stem ek 100% saam as die staat bang is om hul hande vuil te maak gee hom vir die public laat ons hom met klippe stenig ek kan nie my kop tot daar bring dat so iets moontlik is nie RIV kleintjie

Chilli

Doodstraf asseblief aai tog watse goed doen dit julle?

Summerfield

Ai tog, so ‘n pragtiger ou gesiggie.!! Daar is ‘n spesiale plek in die hel vir kindermoordenaars en diere mishandelaars. Nerens in die wereld is onskuldige mense veilig teen hierdie soort monsters nie.

John

Ons kan nie elke 2e dag dieselfde tragedies laat herhaal nie. As die gevaar ’buite’ is, moet ouers hul kinders veilig hou. In wildtuine sal ouers vervolg word indien hul kinders uit die motor klim om buite te gaan speel, want die gevaar skuil buite. Die tyd het aangebreek dat ouers ook gestraf word as hul kleuters sonder toesig buite in strate speel en aangerand word. Dit is telkens dieselfde verduideliking vir die opvolgende gebeure. Waarmee speel kleuters in strate? Ons woonbuurtes is gevaarsones.Grootmense word aangerand. Ons huishoudings is self ook in verval met drank, verdowingsmiddels, oormatige selfmedikasie en deesdae… Lees meer »