Man vas vir 5-jarige se moord

Minentle Lekhatha. Foto: The Pink Ladies.

’n Man (35) is in hegtenis geneem in verband met die moord op Minentle Lekhatha (5).

Maroela Media het vroeër berig die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat die lyk van ʼn vyfjarige dogtertjie in Broadway Soekstraat in Nomzamo, in die Strand, gevind is.

Minentle Lekhatha se liggaam is Sondagmiddag gevind nadat sy Saterdag as vermis aangemeld is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê sy is omstreeks 20:30 as vermis aangemeld. Sy het ten tyde van haar verdwyning ligblou nagklere aangehad en is laas gesien waar sy buite haar huis in Nomzamo gespeel het.

Lt. Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is van dieselfde area as Minentle. “Hy is in hegtenis geneem vir moord en sal op 8 Junie in die Strand-landdroshof verskyn,” het Traut gesê.

Hy het bygevoeg die presiese besonderhede rondom sy inhegtenisname kan nie in dié stadium bekend gemaak word nie, omdat die omstandighede rondom die moord nog ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Petro ·

Ons soek die dood straf vir sulke walglike dade…niks minder!!
RIV kleinding ?

LMF ·

Regtig almal sanik oor doodstraf maar in sulke geval stem ek 100% saam as die staat bang is om hul hande vuil te maak gee hom vir die public laat ons hom met klippe stenig ek kan nie my kop tot daar bring dat so iets moontlik is nie RIV kleintjie

snoepie ·

Ek stem saam dat die doodstraf terug gebring moet word. MAAR. ek dink dit sal maklik misbruik word om onskuldige blankes “wettig” dood te maak.
Sê maar net.

Elize C ·

Snoepie, ek stem 100% saam met jou. Mense moet versigtig wees om te vra dat die doodstraf teruggebring word. In ‘n ander bedeling en regering miskien ja, maar huidiglik is dit wat jy noem presies my bekommernis ook, die doodstraf sal gebruik word om “wettig” van mense ontslae te raak.

Ouma ·

Ons regbank is nie kop in een mus met die politiek nie. Hulle moet 100% seker wees van hul feite en bewyse voordat hulle die doodstraf kan opgelê. Deesdae het ons DNS. So ‘n doodsvonnis teen kinders moet sommer binne 3 maande voltrek word en volledige beriggewing deurgegee word. Almal moet dit kan weet en sien. Kinders is totaaal uitgelewer en hulpeloos en dit is VERSKRIKLIK ! As so iets nie help nie, sal niks help nie.

Lynette ·

@Chille Eerstens ad AFSKRIKMIDDEL omdat daar tans GEEN afskrikmiddels bestaan nie omdat die omstandighede in die tronk beter is as buite (vir baie kriminele). Daar kry hulle roetine, n bord kos, wasgeriewe en slaapplek elke dag, selfa die geleentheid om verder te studeer! Tweedens sal dit verhoed dat hy WEER verkrag en moord pleeg, want wat ookal sy vonnis, hy sal weer eendag op straat verskyn indien die doodstraf nie toegepas word nie. Beantwoord dit jou vraag?

Ai ·

Lynette, doodstraf is nie n afskrikmiddel nie. Die reg proses is te lank vir dit om n daardie effek te he. Doodstraf is presies wat dit se in die naam- n straf.

Doodstraf word eers n afskrikmiddel wanneer die straf binne 2 of 3 weke van die vonnis datum uitgelewer word.

Dit sal nooit gebeur nie, want die beurokrasie in die Wetgewing rek die proses uit omdat daar toegelaat word om herhaaldelik appel in te dien.

So basies sal die Wette moet gewysig word.

Summerfield ·

Ai tog, so ‘n pragtiger ou gesiggie.!! Daar is ‘n spesiale plek in die hel vir kindermoordenaars en diere mishandelaars. Nerens in die wereld is onskuldige mense veilig teen hierdie soort monsters nie.

John ·

Ons kan nie elke 2e dag dieselfde tragedies laat herhaal nie. As die gevaar ’buite’ is, moet ouers hul kinders veilig hou. In wildtuine sal ouers vervolg word indien hul kinders uit die motor klim om buite te gaan speel, want die gevaar skuil buite. Die tyd het aangebreek dat ouers ook gestraf word as hul kleuters sonder toesig buite in strate speel en aangerand word. Dit is telkens dieselfde verduideliking vir die opvolgende gebeure. Waarmee speel kleuters in strate? Ons woonbuurtes is gevaarsones.Grootmense word aangerand. Ons huishoudings is self ook in verval met drank, verdowingsmiddels, oormatige selfmedikasie en deesdae ook dagga, wat die balans versteur. Moordenaars verdien straf, maar ‘n kind se lykie is te veel gevra as kosprys vir die gruwel.

Kiewiet ·

Dit is ‘n gruwelike daad wat gepleeg is maar mense moet leer om hulle kindertjies beter op te pas. Wat soek so ‘n klein dogtertjie buite in die winter in haar slaapklere daardie tyd van die nag???

kla die ma ook aan ·

kry die ma dat sy verduidelik!! kla hulle saam met die moordenaars aan, sy is mede pligtig, geen verskoning

Liza ·

Dis reg ons soek die doodstraf terug, dis al hoe hulle gaan leer, hoe kan ‘n mens so ‘n pragtige klein dogtertjie vermoor sy het nie daarvoor gevra nie, liewe hemel wat gaan aan in ons land, die duiwel is los,….. sterkte aan die ouers en familie…..Rus saggies liewe dogtertjie, jy is veilig by Jesus……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.