Man vas vir aanranding, besit van polisiedrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in Cosmo City, noord van Johannesburg, in hegtenis geneem op aanklag van huishoudelike geweld en die besit van polisiedrag.

Maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se vriendin het ʼn klag van aanranding by ʼn polisiekantoor ingedien. Sy het die polisie ook meegedeel dat haar kêrel in besit van polisiedrag is.

Volgens Mngomezulu is polisiebeamptes na die man se huis en het hulle op ʼn polisiepet, ʼn koeëlvastebaadjie en ʼn speelgoedgeweer beslag gelê. Die man is in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die Honeydew-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ladybug ·

Maklik, sy korrupte buddy in die SAPS gee dit vir hom en hy pleeg misdade saam daarmee. Sluit sommer sy buddy ook toe en die res wat betrokke is, want hierdie is net die ore van die seekoei!

Drieks ·

Net so. Ek so verskriklik bang vir die polisie. As die slegte polisie lede net gevang kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.