Man vas vir ‘bedrog’ met voedselhulp

(Argieffoto ter illustrasie)

Die Valke het ʼn 33-jarige man in die Noord-Kaap in hegtenis geneem wat glo voedselhulp wat vir behoeftige gesinne bestem was, elders heen herlei het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die eenheid het ʼn wenk gekry dat twee slagoffers van twee verskillende huishoudings aangesê is om ʼn dokument te onderteken dat hulle die kospakkies ontvang het.

Dit sou glo afgelewer word, maar het nooit opgedaag nie.

“Die departement van maatskaplike ontwikkeling verskaf die kospakkies ter waarde van R900 elk aan voorafgekeurde individue,” het Mulaudzi gesê.

Die verdagte is Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van bedrog. Hy verskyn na verwagting Dinsdag in die hof op Jan Kempdorp.

Die Valke het ʼn beroep op mense gedoen om enige vorm van korrupsie wat hulle in die tyd van inperking sien of ervaar so gou moontlik by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eerlik ·

Dis seker die laagste vorm van bedrog!!! En so gaan slaap hulle elke aand met n skoon gewete!!

Ann ·

Deesdae is R900 niks as jy gaan kruideniers koop NIE, hoor. Jy sal verbaas wees hoe min dit regtig is.

Cherokee ·

Daar is rys, ertappels, mieliemeel, blomkool, sousboontjies, tjops en wyn.

koos10 ·

Jaco, wanneer laas het jy kruideniersware gekoop? R900.00 is nie veel nie.

PieterP ·

Kyk die foto, daar is 3 kospakkies. So die brood kos seker R50 en R100 per blikkie want elkeen moet mos su cut kry

Steady Eddie ·

Dit is werklik ‘n jammerte dat so iets moet plaasvind !!! Die goeie nuus is dat iemand vasgetrek is !!!
Ek het ’n spesmaas dat soortgelyke gedrag in my tuisdorp plaasvind !!! Die gerugte wat die rondte hier te hore is, is dat ‘n sekere politieke party net fotos laat neem en dan is hulle voort met die hele buit !!!
Ek is self ‘n behoeftige en ek is oortuig dat die mense/instansies wat beheer toepas op die uitdeling van die kospakkies, nie eers bewus is van my nie !!!
‘n Mens sien hul net met verkiesingstyd !!!
Ek sê maar net …

Niklaas ·

Daar kan nog honderde van hierdie tipe ding verwag word in die nabye toekoms. Dit sal nie eindig nie. Die waghonde sal wakker moet wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.