’n 22-jarige man sal na verwagting volgende maand op aanklag van bedrog in die spesiale hof vir kommersiële misdaad in Pretoria, Gauteng, verskyn ná ’n bedrieglike eiendomstransaksie van bykans R1 miljoen.
Die verdagte het glo in Oktober 2018 ’n e-posadres geskep met die doel om potensiële eiendomskopers in Pretoria te swendel.
’n Ondersoek deur die Valke het onthul dat die verdagte ’n e-pos van ’n voornemende koper onderskep en na die bedrieglike e-posadres hersend het.
“Nuwe bankbesonderhede is aan die betrokke koper deurgegee, waarin die koper toe meer as R800 000 betaal het.
“Die Valke het die dagvaarding Dinsdag aan die verdagte beteken. Die moontlikheid dat nog mense in hegtenis geneem kan word, kan nie in dié stadium uitgeskakel word nie aangesien die ondersoek voortduur,” sê kapt. Ndivhuwo Mulamu, polisiewoordvoerder.
Sal graag wil weet hoekom mense hul lewens verwoes vir so min geld…?
Dis hartseer om te dink hoe desperaat mense word vir geld en tot watter uiterstes hul sal gaan…
Ek sal graag wil weet hoekom mense nog steeds val vir dieselfde slenters. As die bankbesonderhede skielik verander, dan moet jy nou weet daar is iets nie reg. Onsersoek eers die saak voordat jy so graag van jou geld wil ontslae raak.
Hoe werk sommige mense se breins ? Dis bitter selde dat mens sulke misdade pleeg en daarmee wegkom.
Ek weet nie, baie kriminele loop nog buite rond.
So jonk en reeds vrot….. watse toekoms het hy?
En toe, vang slim sy eie baas, nê!
Hy sal beter in tronk bevolking doen as in buite bevolking hier Gaan our people hom uitsorteer
En hy was 19 toe hy die misdaad in 2018 gepleeg het! Sjoe, nooit te jonk om ‘n skelm te wees nie!!
Wonder maar net hoe betaal jy R800 000 in n rekening wat jy nie ken nie…..Is dit nie standaard praktyk om enige transaksie inbetalings in die rekening van die verband prokureurs te maak nie?
Wonder wat in so ‘n mens se kop aangaan