Man vas vir Bloem-bejaarde se moord

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op Hendrik Knoetze (73) wie se liggaam Maandag in ʼn plas bloed in sy huis in Pellissier, Bloemfontein, aangetref is.

Maroela Media het vroeër berig Knoetze se buurman het omstreeks 09:00 op sy liggaam in die kombuis afgekom. Knoetze se liggaam is voor die yskas gevind met sy hande en voete vasgebind. Hy het verskeie oop wonde aan sy agterkop gehad.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn 23-jarige man omstreeks 05:00 in Mangaung Fase 5 vasgetrek is. Marope het gesê Knoetze se selfoonsein is tot by die verdagte gevolg.

ʼn Aanklag van moord sal amptelik teen die verdagte aanhangig gemaak word en hy sal binnekort in die hof verskyn.

Marope het voorheen gesê die polisie vermoed dat Knoetze langer as drie dae dood was toe sy liggaam gevind is aangesien sy buurman hom Vrydag laas lewend gesien het. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die datum en presiese oorsaak van die dood vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Uiltjie ·

Knap gedaan SAPD! Julle week regtig hard om elke moordenaar op te spoor, rerig baie sukses die laaste tyd.

Theuns ·

Nog ‘ naamlose en kleurlose man sonder n woonadres gearresteer!

Wern ·

Ek wonder, is dit onwettig om n raai raai kompetisie besigheid te begin? Waar mense raai watter ras n misdadiger is? Dink net as so n besigheid eers kommersieel gaan dan gaan dit dalk die aandag van die breer publiek plaas op interessante feite rondom tipiese demografie van misdadigers, en dalk kan dit duideliker word wie die ware rassiste is.

Theuns ·

WERN ek dink dis n goeie idee. Wragtie Andries ek het dit gemis. Sorry man!

Lance ·

Nou vas ja …met hof verskeining ontsnap hy maar net weer ….al so BAIE keer gebeur ! Maar pateties ..shame ons try hard man

Liewe heksie ·

Wonder of Gerrie nel hom ok gaan jag oeps hy het nie geld nie

snoefie ·

as hulle die selfoon sien kon volg hoekom nie n gesteelde selfoon se sein nie ?

Zirk ·

My opregte simpatie met naasbestaandes. Dit moet ondenkbaar traumaties wees.
Net ‘n na-gedagte; ‘n selfoon het tog meer voordele as nadele.!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.