Man vas vir bykans R2 m se kontant by grenspos

Nicolas Fouche (Foto: Verskaf)

’n Jong man het Donderdag in die Lephalale-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van geldwassery nadat hy in besit van meer as R1,7 miljoen in kontant by ’n grenspos in die provinsie voorgekeer is.

Nicolas Fouche (24) is Woensdag by die Stockpoort-grenspos in hegtenis geneem nadat hy met dié reusebedrag geld die grens na Botswana wou oorsteek. Die geld was nie verklaar nie.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê owerhede by die grenspos het Fouche se huurmotor deursoek en toe op die sak vol banknote in die kattebak afgekom.

ʼn Ondersoek na die oorsprong van die geld is reeds van stapel gestuur.

Die saak is tot 15 Augustus uitgestel vir formele borgtogaansoek. Fouche bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dewie ·

Botswana is n duur land n man het n paar rand nodig????????

George in Bloem. ·

Kan nie help om te wonder hoeveel van die geld (lees bewysstukke) gaan dit maak hof toe nie?

Klipindiebos ·

Hy is net n koerier vir iemand wat in n hoe bestuurspos is of was, wat die afgelope tyd besef het dat hy/sy skuldig bevind gaan word en die kanse goed is om alles te verloor.

aj ·

Small fry compared to R billions taken to Dubai with luxurious jets!!! …. of which no arrests have been made!

SA is ‘Penny wise and pound foolish!’

Raai-raai ·

Ek raai die oorsprong van die geld is uit die Oooste en was in ruil vir renosterhorings..

Chick chick ·

Ek vermoed dit was meer as R1.7 miljoen, die ander gedeeldte reeds tussen neus ore verdwyn.

Netso ·

Ek het ook eerste daaraan gedink! 1.7mil klink nie reg nie. Dit was 5mil minimum gewees

Joan Strydom ·

Kan mens so dom wees om die geld in jou kattebak te hou?

Ellisras ·

Natuurlik is dit verdag. Enige 24 jarige WIT man wat ‘n werk het is klaar verdag.

Poot ·

@Deon
Nou hoe bepaal jy die R100k wat weg is. Het jy opgelet dat al die pakkies nie ewe dik is nie? Sê maar net……

aj ·

Is die insident aanduidend van die begin van die “white flight” uit die land?

Hy wou seker sy spaargeld beveilig deur dit uit die land uit te neem na Botswana?

Niklaas ·

Hierdie meneer is nie baie skerp nie. Hoe dink hy kan enigiemand met n kattebak vol note in pakkies sonder probleme kan deurkom? Elke voertuig word mos daar deursoek ,al is dit vlugtig

Pieter ·

Eish daar gaan die man se geld daar gaan lekker gedrink en party gehou word helfte van die geld is klaar weg sy woord teen hulle sin

Gemaskerde Sopbeen ·

Hy is net vir EEN rede gearresteer…..Hy wou nie “share” nie. Afrika gee nie om HOEVEEL geld jy by jou het nie….Afrika gee net om wat hulle “share” is. As hy sy 10de gegee het, was hy nou al op die stoep in Botswana met ‘n koue in die hand….

SjN ·

Dit is mos nie teen die wet om geld in jou besit te hê nie, hy moes dit net verklaar het by grenspos.

Gert van Wierdapark ·

Kan een mens so stupid wees? Hol die sit plek-kussings uit, en verpak dit daarin. Vra my asb volgende keer vir advies – vir ‘n 10% fooi (gewaarborg)!!

Niklaas ·

Sal daardie pakke geld note ooit by die hof uitkom , as bewysstukke ? Dis dalks reeds verdeel , eerder as toegesluit in groot kluis lê. Dan sal ons graag wil hoor aan wie dit eintlik behoort het , want diegene kan dit mos gaan opeis ( met die nodige verduideliking en verklaring ). Ons brand om te weet !

Ignatius ·

Die ou het obviously nog nooit van bribing gehoor nie, hy moes vir Zuma geskakel het, hy is seker nuut oppie job.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.