Man vas vir dronkbestuur ná skoolbus omslaan

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

‘n 29-jarige man is vir dronkbestuur in hegtenis geneem nadat die bus waarin hy skoolkinders vervoer het Maandag op die N2 in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê die bus, wat 34 skoolkinders vervoer het, het in Port Shepstone omgeslaan.

McKenzie sê die skoolkinders kon daarin slaag om uit die wrak te klim en het langs die pad vir paramedici gesit en wag. Hulle het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Die busbestuurder en 29 kinders is na die Port Shepstone-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie sê die busbestuurder is later vir dronkbestuur sowel as roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.