ʼn 38-jarige man is vandeesweek vasgetrek vir die besit van dwelms nadat die polisie uitgeroep is na ʼn huis in Ferndale in Randburg ná ʼn klagte van huishoudelike geweld.
Kapt. Makgowanyana Maja, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Vrydag omstreeks 02:00 die klagte van huishoudelike geweld ontvang en het by hul aankoms by die huis aan die deur geklop maar die inwoners het geweier om oop te maak.
“Die beamptes was gedwing om ander metodes te soek om toegang tot die huis te verkry. Ná talle pogings het die beweerde verdagte die deur om 04:00 oopgemaak,” Maja gesê.
Die man het na bewering sy vriendin die hele aand lank aangerand en gedreig.
“Die beamptes het die huis deursoek aangesien hul gedink het dit is verdag dat die man nie die deur wou oopmaak nie en ʼn spul dagga in plastieksakkies, ʼn skaal, klein sakkies en ʼn paar sakke met wit poeier daarin wat vermoedelik dwelms is, aangetref.”
Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en sal volgens Maja binnekort in die hof verskyn op aanklagte van aanranding en handeldryf in dagga en dwelms.
Goeie werk
Net in SA waar die polisie 2 ure sukkel om n deur ooptemaak HAHAHA
Ja, in Chicago PD word daar net een keer uitgeroop, “Chicago Police, open the door”! Dan, bwa! ….. word die deur oopgeskop. ☺
Well done. Nog n klomp ie sal goed wees.
En los kom met ñ boete? Hoekom Soveel moeite?