Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, het gesê die motor is Vrydag in Bloemfontein gekaap. “’n 24-jarige man is glo deur vier gewapende mans by ʼn verkeerslig in Brandwag oorval. Die bestuurder het weggehardloop en die kapers is weg met die voertuig,” het Xuma gesê.
Die saak is by die polisie aangemeld en die grenspos by Lesotho is gevra om op die uitkyk te wees vir die voertuig wat gesoek word. Die verdagte het omstreeks 10:00 Saterdag probeer om met die gesteelde voertuig oor die grens te gaan. “Die voertuig se nommerplate is met Lesotho-nommerplate vervang, maar die voertuig is met die onderstelnommer geïdentifiseer, “ het Xuma gesê.
Die verdagte sal Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van motordiefstal.
Is dit regtig nuuswaardig? Dit is normale roetine werk.
Aanklag van motordiefstal. Wat van die rig van ‘n vuurwapen?