Man vas vir gesteelde motor by grenspos

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 18-jarige man is Saterdag by die Lesotho-grenspos in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ʼn gesteelde voertuig oor die grens te neem.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, het gesê die motor is Vrydag in Bloemfontein gekaap. “’n 24-jarige man is glo deur vier gewapende mans by ʼn verkeerslig in Brandwag oorval. Die bestuurder het weggehardloop en die kapers is weg met die voertuig,” het Xuma gesê.

Die saak is by die polisie aangemeld en die grenspos by Lesotho is gevra om op die uitkyk te wees vir die voertuig wat gesoek word. Die verdagte het omstreeks 10:00 Saterdag probeer om met die gesteelde voertuig oor die grens te gaan. “Die voertuig se nommerplate is met Lesotho-nommerplate vervang, maar die voertuig is met die onderstelnommer geïdentifiseer, “ het Xuma gesê.

Die verdagte sal Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van motordiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Griki ·

Aanklag van motordiefstal. Wat van die rig van ‘n vuurwapen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.