Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die 28-jarige man het die vrou glo vroegoggend in ʼn gebou op die hoek van Nugget- en Jeppestraat verkrag. Die 19-jarige vrou het glo in ʼn nabygeleë straat gestap toe sy deur ʼn man gekonfronteer is.
“Hy het haar met ʼn mes gedreig en haar selfoon geëis. Die vrou het nie ʼn selfoon by haar gehad nie en die man het haar in die donker gebou ingedwing.” Volgens Mbele is die vrou glo hierna deur die man en twee medepligtiges verkrag.
Mbele het gesê die ander twee verdagtes is steeds soek. Die man wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
GEMORS!!!!! Sluit toe en gooi die sleutel weg!!!
Dis tyd dat daar wettige verpligte amputasie plaasvind van dele van ‘n man se anatomie wat hom vrouens laat verkrag in die land.Tronkstraf is te lig.
Net so Tiger die verdomde verpesting, gemors, weerligstraal!!!!!!
Verkragters verdien swaar strafe.dt ht n slegte inpak op gemeenskape.
Ai, mag die dame krag ontvang om spoedig te herstel. Daar is groot fout met ons strafstelsel. Dit skrik bloot nie meer die walglike skurke af nie. So ook met ons gemeenskappe waar sulke mense geduld word, of noodgedwonge geduld word.
Wat kry n man daaruit om sulke goed te doen. Dink jy nou jy is n man…..nee jy is n muis!!!!!!!!!!!!!!!!!!!