Man vas vir kleuter se moord

Nomthandazo Talakase. Foto: Verskaf

Nomthandazo Talakase. Foto: Verskaf

ʼn Man is die afgelope naweek in hegtenis geneem in verband met die moord op die vierjarige Nomthandazo Talakase, wie se liggaam verlede week in die veld buite Vryburg in Noordwes gevind is.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die 34-jarige verdagte is in die Huhudi informele nedersetting in hegtenis geneem, nadat polisie inligting opgevolg het. “Die verdagte is ʼn inwoner van Huhudi en nie ʼn familielid [van Talakase] nie. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Vryburg-landdroshof verskyn,” het Mokgwabone gesê.

Maroela Media het vroeër berig Talakase is op 11 September vir die laaste keer lewend gesien, toe sy in die straat voor haar huis gespeel het. ʼn Jong seun het verlede Maandag op haar liggaam afgekom, toe hy in die omgewing van die Monotomosetlha-nedersetting in Huhudi gaan jag het. Die seun het die gemeenskapsleiers in kennis gestel wat die polisie ontbied het.

Die dogtertjie se linkerhand word vermis. Mokgwabone kon nie Maandag onmiddellik die oorsaak van Talakase se dood bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alida ·

Dit is absoluut afgryslik. Wonder of die sielsiek persoon self kinders het. Walglik

N Beger ·

Ek is so jammer vir hierdie dogter se ouers en familie.
Mag julle vrede vind.
Dit was ‘n verskriklike daad om te pleeg.

Francie ·

Watter pragtige kind ! Dit is vir my net ondenkbaar wreed. Ons leef in ‘ n siek samelewing wanneer onskuldige kinders nie eens meer veilig buite kan speel nie

Kowa ·

So ‘n mooi ou meisietjie. Die Regering en die gereg laat kinders bitterlik in die steek deur pedofiele en verkragters nie swaarder te straf nie. Hulle kry net ‘n tikkie oor die vingers as hulle “ongelukkig” is en gaan aan met hulle onheilighede. Die meeste loop vry rond en verwoes die een na die ander kind se lewe. Dit is ‘n skreiende skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.