ʼn Boliviaanse man is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat 5,3 kg kokaïen in sy bagasie gevind is.
Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Dinsdag gesê doeanebeamptes het die man Sondag in hegtenis geneem nadat die kokaïen in versteekte kompartemente in die bodem en sykante van sy bagasie gevind is.
Die man was oppad na Lusaka. Die kokaïen het ʼn geskatte waarde van R1 536 318.
Die verdagte is aan die polisie oorhandig en die polisie ondersoek die saak verder.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Nou moet ek maar my kouse snuif.
Ons snuffelhonde is SO goed!! Maar die ou is maar afgesaagd met sy manier van wegsteek. Bly hy’s vasgetrek.