Man vas vir leeuvelle

Een van die leeuvelle waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

ʼn 23-jarige man verskyn na verwagting vandeesweek in die hof nadat hy in Hartebeesfontein in Noordwes met leeuvelle en dwelms betrap is.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê lede van die eenheid teen ernstige georganiseerde misdaad, die polisie se taktiese reaksiespan in Klerksdorp en die Stilfontein-veediefstaleenheid het die man Vrydag in hegtenis geneem.

Die polisie het inligting opgevolg en ʼn huis in Tigane deursoek waar hulle onder meer drie leeuvelle, mandrax-tablette en dagga gevind het.

Die man word aangekla vir die onwettige besit van dierevelle en die onwettige besit van dwelms, het Rikhotso gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karlahari ·

Laat die man deur die Kruger wildtuin ontsnap.
Daar aan Marloth park se kant….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.