Man vas vir Lenasia-dubbelmoord

geweerʼn 54-jarige man is Vrydag in Lenasia, Gauteng in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin en ʼn vriend doodgeskiet het.

Ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte het die twee glo Sondag by die vriend se huis in Vlakfontein doodgeskiet.

“Die verdagte het sedert die voorval die polisie ontduik,” het Makhubela gesê.

Die rede vir die moorde is nog nie bekend nie. Hy sal na verwagting Maandag in die Vereeniging-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.