Man vas vir Limpopo-dosent se moord

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 29-jarige verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem vir die moord op ʼn landboudosent van die Universiteit van Limpopo.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is vasgetrek nadat die polisie ʼn wenk van die publiek opgevolg het.

Maroela Media het vroeër berig Freddy Madiba (50) se liggaam is Maandagoggend in sy rolstoel voor sy huis op die kampus van die universiteit aangetref deur familielede. Hy het veelvuldige oop wonde aan sy kop gehad. Die polisie wou nie oor die motief vir die moord bespiegel nie.

Die verdagte sal Woensdag in die Mankweng-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

M ·

Hoe dan nou anders, hierdie mense is respek vir absoluut niemand niks en niemand nie.

Sarie ·

Die wreedheid vd moorde & ongelukke; plaas ‘n demper op die vooruitsig van die “feesgety”…. Let wel !!! Die “Christusfees”; niè die ge-roesemoes van drank-^ & dwelm-“parties” nie!!! Mense moet lèt op hul gedrag, om hierdie slagtings te voorkom…

Eish! ·

Gepaste straf: Maak hom vas in ‘n rolstoel en doen dieselfde aan hom. Om ‘n mens wat in ‘n rolstoel is aan te rand of te dood is gewetenloos. Tree gewetenloos teenoor hom op.

Sarie ·

Die wreedheid vd moorde & ongelukke; plaas ‘n demper op die vooruitsig van die “feesgety”…. Let wel!!! Die “Christusfees”; niè die ge-roesemoes van drank- & dwelm-“parties” nie!!! Lees gerus op oor “Nyaope”… My huishulp sê: Platskerm TV’S bevat iets wat gebruik wor in die maak vd drug!!!” Ek wonder hoèveel huisbrake (met gepaardgaande moord, verkragting & verminking), word gepleeg deur nyaope-verslaafdes, in ‘n (mal stadium van soeke na die drug & of platskerm TV’S???) Daar’s na mý mening, nèt tèveel inbrake met wrede statistieke, waar daar “niks” gesteel is nie & die ouer model TV’S nie gebuit is nie!!! Dit gaan niè oor TV kýk nie, dit gaan oor Nyaope!!! Diè drug staan ook onder minstens 3 ander name bekend & word meesal in Gauteng, Limpopo & Mpumalanga gebruik… Inni Kaap vier die gebruik van TIK weer hoogty…. Diè goed is hòògsverslawend!!!! EN SPEL MOORD & VERKRAGTING!!!

Gerhard ·

Limpopo…die nuwe : “murder capital ” van Suid Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.