Man vas vir metrobeampte se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem vir die moord op Nicholas Diameen Robson, ʼn metropolisiebeampte, wat twee weke gelede dertien keer buite sy huis geskiet is.

Robson het pas sy huis in Kliptown, Soweto, verlaat oppad werk toe, toe ʼn groep mans hom buite die huis geskiet en met sy dienspistool gevlug het.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê die groep het in die proses nog ʼn vrou beroof en doodgeskiet. ʼn Derde man wat ook deur die groep geskiet is, het die aanval oorleef.

Volgens Netshiunda is ʼn 37-jarige Lesotho-burger in die Kanana-nedersetting buite Klerksdorp in hegtenis geneem. Die taakspan se ondersoek het hulle daarna na die Mandela-nedersetting in Soweto gelei, waar op ʼn vuurwapen met ʼn polisiemagasyn en ammunisie beslag gelê is.

“Die verdagte sal Vrydag in die Protea-streekshof verskyn op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord,” het hy gesê. Die Valke is op soek na nog vier verdagtes wat by die voorval betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Die regering wil nie ons grense bewaak nie daarom al die misdaadigers na ons land kom. Wat gaan word wanneer die droogte sy tol begin eie van onvoldoende kos?

Oom Boer ·

@DPJ, jy dink en beplan al weer te vêr vooruit soos sommige kulture dit graag wil doen, maar ander dink weer en leef net vir vandag.

Oom Boer ·

@DPJ, jy dink en beplan al weer te vêr vooruit soos sommige kulture dit graag wil doen, maar ander dink weer en leef net vir vandag. Alle simpatie gaan uit na die oorlede/s se familie en wens jul alle sterkte toe deur hierdie donker tydperk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.