Man vas vir moord op 11-jarige

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man van Mitchells Plain in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 11 jarige meisie.
Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie se liggaam is Dinsdag 28 Maart in die vroeë oggendure in ʼn veld in Mitchells Plain gevind.

Die meisie, Stacha Arendse, het Maandag in Tafelsig vermis geraak. Die verdagte is glo bekend aan die familie.

Rwexana het gesê die man (31) sal Vrydag in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.

“Ons maan die gemeenskap om nie die reg in eie hande te neem nie, maar om die polisie toe te laat om hulle werk te doen en die man te vervolg,” het Rwexana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

André ·

MAG GOD DIE MAN GENADIG WEES WAT DIE JONG DOGTER SÊ LEWE GENEEM HET!
MAY GOD HAVE MERCY ON THE MAN THAT HAVE SHORTENED A LIFE OF SUCH A YOUNG GIRL!
*BRING BACK THE CORPORAL PUNISHMENT!*

Johan Likkewaan ·

Vergifnis sal tussen hom en die Skepper moet wees. Ons moet net die ontmoeting reël….

Benita ·

Stem saam johan. Hy voel niks vir n kind nie. Mag die ontmoeting spoedig wees

Ange ·

Nee kyk ek raak so kwaad elke dag as ek lees van die kindermoordernaars en verkragters ek sal n aar in my kop bars.

JK ·

Laat die vrouens van daardie omgewing hom reg leer. Hy sal dit dan tog nie oorleef nie./
Vergeet van die gereg wat sy gang sal gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.