Man vas vir moord op 86-jarige vrou

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn 86-jarige vrou Vrydag in haar huis in Bellville gevind is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 42-jarige verdagte is Maandag in hegtenis geneem.

Die vrou, wie se naam nie in hierdie stadium bekendgemaak kan word nie, is omstreeks 16:00 in haar huis in die Heemstede, Groenvallei, gevind. Haar hande was agter haar rug vasgebind en sy het kopbeserings opgedoen. ʼn Saak van moord en huisbraak is aanhangig gemaak.

Van Wyk kon nie bewerings bevestig dat die verdagte ʼn werker is wat vroeër die vrou se huis se dak herstel het nie. Hy wou ook nie uitbrei of enige van die vrou se besittings in die verdagte se besit gevind is nie.

Die verdagte sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Julle kan sê wat julle wil maar ek gaan spekuleer. Nee, nie die koop en verkoop van goedere.
Seker weer uit op borg of parool?
Wat ‘n lae en gemene ding om ‘n oumens so om die lewe te bring. Jou soort moet permanent verwyder word van die aardbol af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.