Man vas vir moord op Anika Smit

Anika Smit

Anika Smit

ʼn Man het homself Vrydag aan die polisie oorgegee in verband met die moord op Anika Smit, die 17-jarige skoolmeisie wat in 2010 in raaiselagtige omstandighede in haar pa se huis vermoor is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ’n 24-jarige man homself Vrydag aan die polisie oorgegee het. Volgens Dlamini beweer die man dat hy by Smit se moord betrokke was en sal hy Maandag in die hof verskyn. Sy naam kan nie bekendgemaak word alvorens hy in die hof verskyn het nie.

Smit is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar pa, Johan, het op haar geskende liggaam afgekom. Haar hande is nooit gevind nie.

Johan het destyds aan die media gesê sy het die dag by die huis gebly omdat sy oorontsteking gehad het. Hy het deur die dag gebel, maar daar was geen antwoord nie en hy het gedink sy slaap. Hy vermoed sy het die persoon wat haar vermoor het geken, want sy het die honde toegemaak en die persoon in die huis ingelaat. Hy vermoed ook dat Anika die persoon op ʼn sosiale netwerk ontmoet het.

Nico Venter, haar eks-kêrel, is sowat twee maande ná haar dood vir haar moord in hegtenis geneem. Die aanklagte teen hom is egter ’n paar maande later teruggetrek. Hy het toe as ʼn veiligheidswag by ʼn casino gewerk.

Lees alle vorige berigte oor Anika Smit op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wat n verligting ·

Wat ‘n verligting vir haar ouers, vriende en familie. Hoop net nie dit is ‘n aandagsoeker.

Poepies ·

Was die vampire Treeby nie in matriek in 2010. Dan moet hy seker nou omtrent 24 wees

Stukkend ·

Hoekom haar hande afgesny .??die persoon wat haar vermoor het , het heel moontlik geweet Na sy geveg het vir haar lewe, het DNA onder naels agter gebly ….
So mooie meisiekind … Sterkte aan Ouers wat Se wonder Nou Weer Rou gekrap gaan word …

JayJay ·

Ek hoop ook nie dis ‘n aandagsoeker nie. Johan sal verlig wees as die waarheid uiteindelik kan uitkom.

Sarel Strydom ·

Maak nie saak hoe lank dit neem nie. God slaap nie. Die moordenaar van Inge Lotz gaan ook nog sy/haar dag kry.

Dalene ·

So dan was dit nie die kêrel, hy is 26. Hopelik kan die familie antwoorde kry. Baie sterkte aan die familie.

Adeline ·

Sterkte vir Anika se ouers, ek hoop hierdie is die begin van die einde vir hierdie tragedie.

Poppie ·

Dit lees dat hy betrokke was. Nie die moord gepleeg het nie. Dit beteken daar was meer as 1. Of verstaan ek verkeerd?

Amanda ·

Poppie, ek lees die berig ook soos jy…die ou wat hom oorgegee het, het gese hy was betrokke by die moord…hy het nie gese hy het dit gepleeg nie.

Rocklin Bell ·

Wat ‘n hartseer storie., alhoewel ek ‘n rot ruik!!!!!

Wenner ·

Mens se gewete is n nare ding. Jy kan dinge tot op n punt vryspring, maar dan begin die gewete aan jou kou. Hierdie man was heelwaarskynlik net betrokke by die moord, maar moontlik sal sy getuienis nou aanleiding gee tot die arrestasie van die res wat daarby betrokke was. Ai, ek is dankbaar vir Anika se familie se part dat die saak nou hopelik op die spits gedryf gaan word, maar ook is ek jammer vir hul, dat AL die OU wonde nou weer oopgekrap word. Hopelik kry hul nou “closure” oor alles. Maar dit BLY hartverskeurend

Sputnik ·

Ek dink dié persoon het waarskynlik ervaar dat die net al stywer om hom begin span het, dat die speurders al nader aan hom beweeg het en hom in elk geval binnekort sou arresteer het – hulle het nog net genoeg bewyse benodig om dit te kon doen.

Hoffman ·

Dit is nooit die gewete wat met die sak patats na vore kom nie, maar eerder omdat dinge suur geword het tussen die skuldiges. Of omdat een sy eie bas wil red as staatsgetuie, maar nee, nooit die gewete nie.

De wet ·

Iewers sit daar ‘n evil moordenaar wat ‘n kind verkrag, keelaf gesny en haar hande afgesny het sodat hy nie geidentifiseer kan word nie. Vang hom SAP, asseblief, rook hom uit sy wegkruipplek uit sodat almal sy gesig kan sien. Hy het te lank daarmee weggekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.