Man vas vir moord op Bfn-tienermeisie

Noeline Koekemoer. Foto: Facebook

Noeline Koekemoer. Foto: Facebook

Die polisie het bevestig dat ʼn man Woensdag in hegtenis geneem is in verband met die moord op die 15-jarige Noeline Koekemoer.

Kapt. Chaka Morope, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die verdagte is laat Woensdagmiddag in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Noeline se liggaam is verlede week in ʼn plas bloed op haar slaapkamervloer deur haar ma, Natasha, aangetref. Noeline en haar ma het in ʼn woonstel op ʼn kleinhoewe in Bainsvlei gewoon. Noeline is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp geslaan en verwurg. ʼn Saak van verkragting word ook ondersoek.

Volgens Morope woon die verdagte ook in die Bainsvlei-omgewing. Gerugte het sedert die moord die ronde gedoen dat ʼn voormalige werknemer van die eienaar van die kleinhoewe by die moord betrokke was.

Dennis Castens, ʼn familievriend, het vroeër die week aan Maroela Media gesê Natasha woon sedert die moord by hom, maar moes intussen na die woonstel terugkeer om klere en persoonlike besittings te gaan haal. “Dit was nie lekker nie. Dit was vir haar baie ontstellend,” het hy gesê.

ʼn Gedenkdiens vir Noeline is Saterdag by die Ou Apostoliese kerk in die stad gehou.

Klik hier vir vorige berigte oor Noeline Koekemoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Maronel ·

Wonder maar net. ‘n Werknemer. Maak nie die ras bekend. My opinie: As hy blank was, dan was die kleur duidelik uitgespel Of is ek dalk verkeerd?

Marius ·

Maronel jy is 100 % reg. Waar ek woon is dit ook die geval in ons plaaslike koerant. Meld net die ras en dit is nie wit nie dan is dit rassisties.

Susan Beytell ·

Ja nee julle is almal reg. Wanneer ‘n witman / vrou betrokke is word dit duidelik gesê, maar as dit van die ander kleuriges is dan word dit as “man of vrou” verwys. As ‘n “man” ‘n vrou aanrand of verkrag is hy in elk geval nie ‘n “man” nie, maar ‘n lafaard.

Henk Celliers ·

Nee,regtig Maroela,begin julle ook nou die pad van omgekeerde rassisme,asseblief!

Henk Celliers ·

Ek het al die nodigge spasies ingevul,my vraag is,begin julle as Maroela media,nou ook omgekeerde rassisme toe te pas,deur net blankes te noem,indien nodig,en nie swartes,indien nodig?

Sune van Heerden ·

Dagsê

Baie dankie vir julle kommentaar. Maroela Media kan slegs die naam en ouderdom van die verdagte(s) bekend maak nadat die polisie dit bevestig het of indien die persoon reeds in die hof gepleit het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dave ·

Hi Sunè…… dankie dat jy nooit skroom om terugvoering op vrae te gee. As ek ooit ‘n koerantuitgewer word gaan ek jou redaktrise maak! … Die vrae het egter nie gegaan oor naam en ouderdom nie. (Diplomasie en systap kan somtyds verwant wees, nè :-)

Hannelie ·

Dankie Suné… Ek is net bly iemand is in hegtenis geneem. Ek glo ook soos jul ander hy is nie blank nie, want dan was sy naam verseker genoem. Ek hoop net hy gaan sit vir dit wat hy aan Noeline se familie gedoen het deur hul dogter, vriendin weggeneem het. Maar soos ons ons land se regstelsel ken sal hy weer more oormore op straat los rondloop!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.