Man vas vir moord op broer

mes

Foto: Etsy/Pinterest.com

ʼn 21-jarige man is Sondag in hegtenis geneem nadat hy glo sy 22-jarige broer in ʼn kuierplek met ʼn mes gesteek het.

Kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in die vroeë oggendure by ʼn kuierplek in die Dumasi-nedersetting in Ngqeleni, oos van Mthatha, plaasgevind.

“Die twee broers het gedrink toe daar ʼn bakleiery tussen hulle uitgebreek het. Hulle het albei mekaar met ʼn mes gesteek. Die ouer broer is na ʼn hospitaal gehaas waar hy by sy aankoms dood verklaar is,” het Koena gesê.

Die polisie het die jonger broer op die toneel in hegtenis geneem en hy is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Hy word behandel vir ʼn steekwond aan sy bolyf.

Hy moet sodra hy ontslaan word in die hof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois le Cochon ·

Ek dink hierdie is fopnuus. Dit kan onmoontlik gebeur. Geen man sal ooit sy broer doodsteek nie. So iets is ongekend en kan net nie bebeur nie.

njarts ·

veral nie in SA, n land bekend vir sy vreedsame wetsgehoorsame burgers nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.