Man vas vir moord op jong dokter

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 25-jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn jong dokter wat as intern by die Mankweng-hospitaal in Limpopo gewerk het. Haar liggaam is Sondagaand in haar kamer by die hospitaal gekry is.

ʼn Besoeker aan die hospitaal het ʼn slegte reuk uit een van die kamers gekry. Die deur was gesluit en die polisie is ontbied. Die polisie het die kamer oopgebreek en die 25-jarige dokter se liggaam op haar bed aangetref. Die liggaam het reeds begin ontbind.

“Die polisie het onmiddellik met ʼn ondersoek begin en die verdagte, glo die oorledene se vriend, is opgespoor en Maandag in Giyani in hegtenis geneem,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Die provinsiale polisiehoof in Limpopo, lt.genl. Nneke Ledwaba, het die polisie se vinnige opvolgwerk en die inhegtenisneming verwelkom.

“Die motief vir die moord is in dié stadium nog onbekend en die ondersoek duur voort. Die verdagte sal binnekort in die Mankweng-landdroshof verskyn,” het Mojapelo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

remo ·

moord is hedendaags SO maklik , waardes is weg .. die mooi land word elke dag meer en meer vernietig deur gepeupel.

Frank ·

Hierdie Giyani is gereeld in die nuus, vir die verkeerde redes. Lyk my dis maar ‘n vrot spulletjie daarso.

Landie ·

Ek wonder net hoe lank vat ‘n liggaam om te ontbind? Darem aaklig dat dit so lank geneem het vir mense om agter te kom die dr is skoonveld. Het niemand haar dan gemis nie, nie eers familie nie???? Rus in vrede liewe mens.

Cherokee ·

Haar vriend, word gesê. Die woord ‘vriend’ beteken vir my iets heel anders. Ek het vele kennisse maar wanneer ek iemand as ‘n vriend bestempel, dan is dit ‘n vlak waar ons nie eens hoef te praat om mekaar se teenwoordigheid te waardeer.

Kas ·

Ja Landie,dit is verstommend.Is daar nie sekuriteit nie of aanvaar hulle dokters is onaantasbaar.Hoekom moord altyd kies vir ‘n oplossing.Drank en dwelms is ook nie altyd die oorsaak nie

Julius ·

Lyk vir my of niemand in daardie hospitaal weet wat daar aangaan nie of nie omgee nie. Wat van oggend vergaderings wat almal bywoon en skofte ruil en niemand mis haar nie?

toy ·

Julius ek stem saam, die personeel wat saam haar/hom gewerk het moet mos dalk net gaan kyk het slaap die dokter of wat gaan aan. Dit is skokkend om te sien hoe het hospitale agteruit gegaan, ek self het in hospitale gewerk en gesien van 2005 het alles begin plat val.

jakes ·

SA het n hool geword van afskuwelike misdaad, geen respek vir lewe en geen waardes van enige aard nie.

My twee sent ·

Wys net hoe word hospitale skoongemaak. As daar lyke ontbind in kamers le. Die gesondheidsorg in SA is n skreiende skande!! Rus sag mens. Die regering het jou in die steek gelaat. Want hul gee nie om nie.????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.