Man vas vir moord op onnie

Helga van Wyk. (Foto: Facebook)

ʼn Verdagte is net meer as drie maande ná die moord op Helga van Wyk (62), ʼn onderwyseres van die Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein, in hegtenis geneem.

Mihlali Majikela, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 29-jarige man is in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.

Helga is die aand van 9 Junie in haar huis in Durbanville vermoor en haar man is ernstig in die voorval beseer. Sy is in haar slaapkamer doodgesteek, klaarblyklik deur ʼn enkele aanvaller. Sy is glo in die hart gesteek.

Haar 67-jarige man, Johann, ʼn afgetrede advokaat, het hom vermoedelik teen die aanvaller probeer beskerm. Hy is verskeie kere in die skouer en buik met ʼn skerp voorwerp gesteek en het ook snymerke aan sy hande gehad.

Alet van Wyk, die egpaar se dogter, het vroeër gesê haar pa, wat ernstig beseer was, het dit gedurende of moontlik kort ná die aanval reggekry om in die motor te klim en self na die hospitaal te gaan. ʼn Familielid is van daar oor die voorval ingelig.

Alet se oudste broer, Schalk, woon naby sy ouers en het hom na die huis gehaas. Hy het daar op Helga se liggaam op die bed in die hoofslaapkamer afgekom, het Alet gesê. Sy was reeds dood.

“Sy was ʼn formidabele vrou,” het Alet gesê. “Daar het nog soveel meer vir my ma voorgelê. Sy het soveel lewe in haar gehad en het alles in oorvloed gedoen.”

Helga het langer as 20 jaar by die Hoërskool Monumentpark skoolgehou.

“Sy het baie leerders se lewe geraak. Sy was ʼn uiters joviale vrou, sy het soveel passie vir die lewe gehad én vir die kinders vir wie sy skoolgehou het. Sy het ʼn groot hart gehad,” het Alet gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
sannie

Pragtige vrou. So hartseer x

Nugter

Bring die doodstraf terug. Hierdie moordenaar verdien nie om te lewe nie.

lunsriem

Vergeet van doodstraf weer inbring. Dit sal nie gebeur nie. Vestig eerder strafkampe, m.a.w tydelike tentkampe, in afgelee gebiede waar geweldsmisdadigers handearbeid moet verrig; skort hulle grondwetlike en menseregte op; dwing hulle om te arbei; laat toe dat daar geweld gebruik kan word as hulle lui is, betoog, staak of probeer ontsnap; Dink net hoe die ekonomie sal floreer as daar nog besproeingskanale uit die Oranjerivier per hand gegrawe word; as kanale die Karoo vlaktes van water voorsien; as alle dongas/gronderosie in die land met klippe gevul word, ens ens. LAAT BERIG : Ook n baie toepaslike plek om die… Lees meer »

Neels

Eintlik is jy baie reg, @Lunsriem … daar is baie sulke take wat verrig kan word instede van luukse verblyf met TV’s edm. in hulle tronkselle..

Malherbe

Kon nie n beter voorstel maak nie