Man vas vir moord op ouma, kleinkind

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: James Timothy Peters/Pixabay)

’n 25-jarige man is in verband met die grusame moord op ’n 61-jarige vrou en haar vyfjarige kleindogter in Noordwes in hegtenis geneem. Die verdagte, wie se naam nog nie bekend is nie, sal na verwagting Donderdag in die rondgaande hof op Sannieshof verskyn.

Hy word deur twee aanklagte van moord en ’n klag van roof in die gesig gestaar.

Maroela Media het vroeër berig dat die vrou se 21-jarige seun op die twee se liggame in hul huis op Ganalaagte, noordoos van Delareyville, afgekom het.

Die vrou het glo verskeie steekwonde gehad en daar was ’n tou om haar nek gebind. Die dogtertjie se liggaam is in die kombuis aangetref. Haar kop was glo in ’n emmer water.

Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jr ·

Hoe het ek geweet. Gesê toe dit breek op MM dat binne n week sal hy evan word.

Yvonne ·

Ai die wreedheid van die mens darem…..dit word net erger by die dag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.