Man vas vir moord op PE-kleinhoewe

Johan van der Berg. Foto: Facebook

Johan van der Berg. Foto: Facebook

ʼn 36-jarige man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Johan van der Berg (54), ʼn afgetrede tegnikus en sakeman.

Van der Berg is op 17 Oktober op ʼn kleinhoewe in die Groenbossie-omgewing in Port-Elizabeth vermoor.

Kapt. Sandra Janse Van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is by sy huis in die Lusaka-gebied in Kabega Park vasgetrek nadat polisie waardevolle inligting oor die moord ontvang het. “Hy is tans in polisieaanhouding en sal Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord,” het Janse van Rensburg gesê.

Sy het gesê nóg inhegtenisnemings word binnekort verwag.

Maroela Media het vroeër berig Van der Berg se liggaam is die Saterdagoggend deur sy eksvrou, wat in ʼn aparte huis op dieselfde hoewe woon, gevind. Hy is vermoedelik dood nadat hy met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is. Sy huis is geplunder en vuurwapens, ʼn TV en ʼn DVD-speler is onder meer gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Heleen ·

Wel gedaan, dit wys net dat ons nog steeds bekwame polisie beamptes in ons land het. Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.