Man vas vir moord op polisieman, familielid

handcuffsʼn 38-jarige man het homself aan die polisie oorgegee nadat hy Dinsdagaand ʼn polisiebeampte en ʼn   familielid van die beampte in Ladysmith in KwaZulu-Natal doodgeskiet het.

“Die verdagte het homself Woensdag by die Colenso-polisiestasie oorgegee,” het kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, Vrydag gesê. “Hy het ook ʼn vuurwapen ingehandig waarmee hy glo die moorde mee gepleeg het.”

Maroela Media het vroeër berig konst. Sphamandla Mgaga (28) en sy familielid, Nonkuleleko (28), is Dinsdagaand doodgeskiet. Konst. Mgaga het vroeër die dag ʼn oproep ontvang van ʼn familielid wat hom gevra het om haar by te staan, aangesien sy bang is vir haar kêrel. Hy het Nonkuleleko by die werk gaan oplaai. Die twee in die motor gesit het toe die verdagte die deur oopgemaak en Nonkululeko in die kop geskiet het. Mgaga is geskiet toe hy uit die voertuig gespring het. Lees meer hier.

Die verdagte moet Maandag in die Ladysmith-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.