Man vas vir moord op vermiste vrou

Dawn Basdeo. Foto: Facebook

Die eggenoot van ʼn vrou van Pretoria wat verlede week as vermis aangemeld is, is in hegtenis geneem in verband met haar dood.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê Prem Emmanuel Basdeo het vandag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van die moord op sy vrou, Dawn (57). Die saak is tot 21 Junie uitgestel.

Dawn is op 8 Junie vir die laaste keer lewend gesien by haar huis in Brooklyn. Daar is by die polisie aangemeld dat Dawn dié dag omstreeks 09:00 weg is na die Little Company of Mary-hospitaal. Sy het nooit by die hospitaal aangekom nie en het ook nie teruggekeer huis toe nie. Emmanuel het dieselfde aand sy vrou by die polisie as vermis aangemeld.

ʼn Grootskaalse soektog na Dawn is van stapel gestuur en Sondagaand is die silwer Mercedes Benz-motor, wat Dawn glo gebruik het toe sy vermis geraak het, verlate in Soweto gevind.

Verdere ondersoek deur die polisie het tot Emmanuel se inhegtenisneming vroeër vandag gelei. Volgens Weilbach sal hy ook aangekla word van dwarsboming van die gereg en meineed omdat hy oneerlik was in sy aanvanklike verklaring aan die polisie.

Weilbach het gesê Dawn se liggaam is steeds nie gevind nie en die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Alida ·

Hy is in hegtenis geneem vir haar dood maar die berig se haar liggaam is nog nie gevind nie? Lees ek verkeerd?

Cherokee ·

Waarom is jy verbaas? Jy weet mos van ‘n plaasvoorman wat aangekla was van moord op een wat hy na bewering geskiet het en toe verdwyn het. Die man wat nou onskuldig bevind is.

Koos ·

En jou punt is? Mense is al skuldig bevind aan moord sonder dat die lyk gevind is.

Gertryda ·

Nee genade wat op aarde gaan aan met die mensdom
Hul sal haar lyk kry sodra hy soos n kanarie begin sing

Marna ·

Baie interessant dat sy eks vrou in 2000 ook vermoor is. Hy en seun aangekla, Maar 4 jaar later is saak uitgegooi. Hoop daardie saak word ook weer oopgemaak!

Koos de Meyer. ·

Hoe skyn heilig kan jy wees. Pleeg moord en meld die persoon aan as vermis. Dit is siek verby. Ons hoor elke dag van moorde, wanneer gaan dit eindig.

Cor ·

Dit is nou hoog mode as jy wil ontslae raak van een vermoor hom of haar. Dan kom jy met die siek verskoning die een is vermis of gehijack . Dit alles as gevolg van die hoe misdaad syfers in die land.

Trisha ·

Daar is nog ‘n vrou geskiet, die man het homself daarna ook geskiet. Maroela kry asseblief vir ons wat nie die betaalkoerant het nie die inligting. Dis vreeslik hoe vroue doodgemaak word!

Poppie ·

Ja. Het vanoggend in Jeffreysbaai gebeur. Hul was vervreem vab mekaar al.

Poppie ·

Ja. Het vanoggend in Jeffreysbaai gebeur. Hul was vervreem vab mekaar al.

weereens ·

Marna jy is reg, is die persoon nie ‘n ex polisieman nie? Daar was mos vermoede hul het die vrou se lyk diep in die see gegooi in 2000

Anita ·

Hy het blykbaar skuld erken dat hy haar vermoor het.
Hy kan ook nou kwansuis nie onthou presies waar hy haar liggaam geplaas het nie.
Die vermoede is dat beide sy seuns ook betrokke is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.