Man vas vir moord op vriendin

Foto: Verskaf.

Foto: Verskaf.

ʼn 36-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy meisie en sal vandag in die Thabazimbi-landdroshof verskyn.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê dat die polisie in Thabazimbi in Limpopo Richard Jampa in hegtenis geneem het in verband met die moord op sy meisie, Thapelo Cilga Ramorotong (26), Sondag 5 Maart omstreeks 04:00.

“Jampa het na vermoede saam met  Ramorotong in ʼn motor gery toe die voertuig spontaan aan die brand geslaan het. Jampa het gesê dat hy haar daaruit probeer trek het, maar dat die motor ongelukkig heel weggebrand het terwyl sy steeds daarin was,” het Ngoepe gesê.

“Die polisie vermoed egter nou gemene spel ná dit tydens die ondersoek aan die lig gekom het dat Jampa en Ramorotong die dag voor haar dood glo ʼn rusie by hul huis gehad het.”

Volgens Ngoepe is Jampa in hegtenis geneem, maar is tans in die hospitaal as gevolg van die beserings wat hy opgedoen het tydens die brand.

Volgens Ngoepe is daar ook twee onwettige vuurwapens op die toneel gevind en probeer die polisie steeds vasstel van waar die wapens afkomstig is.

Jampa sal vandag in sy afwesigheid in die Thabazimbi-landdroshof verskyn. Sodra hy ontslaan word uit die hospitaal, sal hy egter self in dieselfde hof voorkom op ʼn klag van moord.

Die polisie-ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Ek het ook gelag Adri maar toe maak die tweede sin die eerste duidelik.

Toni ·

Adri, sy regsverteenwoordiger het moontlik namens hom in die hof verskyn. Hy sal in dieselfde hof verskyn sodra hy uit hospitaal ontslaan is….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.