Man vas vir moord op vriendin

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 35-jarige man is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin tydens ʼn huishoudelike geskil met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

Konst. Noloyiso Rwezana, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Vrydagaand in Lusaka, Nyanga, plaasgevind.

“Die man het homself ook tydens die voorval in die maag gesteek. Albei van hulle is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling, maar die vrou het later aan haar beserings beswyk. Sy het verskeie steekwonde gehad,” het Rwexana gesê. Die man is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Hy sal na verwagting Maandag in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veritas ·

Dit is snaaks dat sulke ‘huishoudelike geskille’ nie meer dikwels voorkom nie. Vrouens het mos die nare gewoonte om die man se drankgeld te mors op onbenullighede soos kruideniersware en skoolfonds.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.