Man vas vir moord op vrou

Argieffoto

ʼn 28-jarige man van Dutywa in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 26-jarige vrou.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die moord het Woensdag net ná middernag in die Mpuku-nedersetting plaasgevind.

“Die oorledene het verskeie wonde aan haar bolyf opgedoen. Die motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie en word ondersoek. Dit is nog ʼn skokkende en sinnelose geval waar ʼn weerlose vrou vermoor is,” het Manatha gesê.

Manatha het benadruk dat die veiligheid van vroue en kinders ʼn topprioriteit vir die Oos-Kaapse polisie is en dat hulle alles in hul vermoë sal doen om te verseker dat geregtigheid geskied.

Die Dutywa-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die vrou se naam kan nog nie bekend gemaak word alvorens al haar naasbestaandes van haar dood in kennis gestel is nie.

Die verdagte moet Vrydag in die Dutywa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.