Man vas vir non se moord

Suster Mary Paule. Foto: Facebook

Suster Mary Paule. Foto: Facebook

ʼn 26-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op suster Mary Paule, ʼn 82-jarige non van die Rooms-Katolieke Kerk wie se liggaam in ʼn stroompie in Nangeni in die Oos-Kaap gevind is.

Kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die man is Donderdag in Mthatha in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig Paule is Sondag in Mthatha gekaap en ontvoer en haar liggaam is ʼn dag later gevind. Suster Paule was ‘n weldoener in haar gemeenskap en was onder meer by verskeie kinderhuise betrokke.

Fatyela het gesê nadat haar voertuig gekaap is, het mense wat saam met haar werk die voertuig in Mthatha opgemerk en dit agtervolg. “Die polisie is ontbied terwyl die mense die voertuig agtervolg het. Die bestuurder het probeer wegjaag, en het in die proses die voertuig laat rol.”

Twee verdagtes het van die toneel gevlug. Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen en ʼn selfoon wat aan een van die verdagtes behoort.

Die 26-jarige verdagte gaan binnekort in die hof verskyn. – SAPA

Lees ook:
Non se liggaam gevind: ‘Sy was ‘n merkwaardige vrou’
Vrou se liggaam gevind na kaping

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marica ·

Watter wesens vermoor ou mensies? Die vroutjie kon haarself nie verdedig teen die lafaard nie! Sies man! Jy is nie werd om ‘n man genoem te word nie!

Elizabeth ·

Moet hom tog asb nou nie op ‘n belaglike iets soos R1000 borgtog uitkom sodat hy kan “verdwyn” nie. Regtigwaar SAP – maak ‘n voorbeeld van die sleg ding en sorg dat julle sy medepligtige ook vang!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.