Man vas vir ontvoering, moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in Phoenix, buite Durban in KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem nadat hy glo sy 17-jarige vriendin ontvoer en vermoor het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die oorledene se ma het haar Maandag as vermis aangegee nadat sy tuis gekom het en gesien het die hekkie na die huis is oop en tekens gesien het dat daar bloed met ʼn mop skoongemaak is. Die ma kon nie haar dogter vind nie en het die saak by die polisie aangemeld. Die tienermeisie se 21-jarige kêrel is in hegtenis geneem waarna hy die polisie na ʼn suikerrietplantasie geneem het waar die meisie se lyk gevind is. Zwane sê die kêrel het erken dat hy sy vriending doodgeslaan het. Die verdagte sal binnekort in die Verulam-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.