Man vas vir ontvoering, verkragting van 9-jarige

boeie 2ʼn Man gaan na verwagting Maandag in die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van die ontvoering en verkragting van ʼn 9-jarige meisie.

“Die 32-jarige man is Saterdag in Germiston in hegtenis geneem in verband met die vermeende misdrywe wat in Maart verlede jaar plaasgevind het,” het kapt. Mega Ndobe Sondag gesê.

“Die meisie se arms en bene was vir drie dae ná die vermeende ontvoering en verkragting vasgebind, totdat sy daarin kon slaag om haar self te bevry.”

Die polisie is sedert die voorval op die man se spoor en het verlede week ʼn wenk gekry dat die man in Germiston is, wat tot sy inhegtenisname gelei het. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.