Man vas vir ouma se moord

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 26-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 77-jarige ouma.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die bejaarde vrou het alleen in haar huis in die Rwatsini-nedersetting in Centane in die Oos-Kaap gewoon.

“Die vrou is vermoedelik gedurende die aand van 12 Julie in haar huis vermoor. Sy het verskeie beserings aan haar bolyf opgedoen. Die motief vir haar moord is nog nie bekend nie,” het Manatha gesê.

Die polisie het ʼn moordondersoek van stapel gestuur wat Vrydag tot die inhegtenisneming van die vrou se kleinseun gelei het.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Centane-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ai ·

Dit is so hartseer dat sy so op haar oudag vermoor moet word deur haar kleinkind, wat eintlik net liefde en ondersteuning aan haar moet betoon. Kan my nie in dink aan die vrees en angs waar deur sy moes gaan nie. RIP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.