Man vas vir poging tot moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in Plettenbergbaai in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.

Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 35-jarige man was Vrydagaand in ʼn argument met ʼn groep mans betrokke. Hy het glo hierna in sy motor geklim en ʼn ander motor van die pad af probeer druk.

Volgens Steyn het die bestuurder van die ander motor, ʼn 39-jarige man, uit sy motor geklim met ʼn 7.65mm-pistool en twee skote op die 35-jarige man afgevuur. Die 35-jarige man is gewond en is na ʼn hospitaal in George geneem waar hy in ʼn stabiele toestand is.

Steyn het gesê polisiebeamptes het die skote gehoor en na die toneel gehaas waar hulle die 39-jarige man in hegtenis geneem het. Hy sal na verwagting Maandag in die Plettenbergbaai-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Nou hoe nou, wat van die ou wat hom van die pad af wou druk, is dit nie ook poging tot moord nie? Hoe val die saak net een kant toe? As daai akker hom nie van die pad af probeer druk het nie, sou hy nooit n ontmoeting met n 7.65mm gehad het nie. Ek dink hier word verkeerd opgetree. Nie dat ek sê dis reg om net te skiet nie, maar dis ook nie reg om mense van die pad af te druk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.