Man vas vir Pretoria-dubbelmoord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 46-jarige man word aangekla van moord nadat hy glo twee mense in Laudium in Pretoria doodgeskiet het.

Lt.kol. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die man beweer ʼn groep mense het hom aangeval en sy voertuig beskadig.

“Hy het sy vuurwapen uitgehaal, op die groep geskiet en twee mense noodlottig gewond,” het Makhubela gesê. “Hy het daarna na ʼn nabygeleë winkel gehardloop en daar gaan wegkruip.”

Makhubela het gesê dit is nie duidelik waarom die groep die man na bewering aangeval het nie. Die vensters van die man se motor is beskadig.

Die man moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan Slabbert ·

Waarskynlik n wit man wat deur n groep swartes aangeval of probeer beroof is, en JA, hy SAL skuldig bevind word aan moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.