Man vas vir Pringlebaai-moord

boeie

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vrou wie se liggaam Maandagoggend in haar huis in Pringlebaai in die Wes-Kaap gevind is.

Sinathi Joni, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn 20-jarige verdagte sal Donderdag in die Caledon-landdroshof op aanklagte van moord en voertuigdiefstal verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die 53-jarige vrou se liggaam is tussen 08:00 en 13:10 in haar huis aangetref. Joni het gesê die oorledene se voertuig is ook gesteel. Die uitgebrande voertuig is later ongeveer 30 km vanaf die huis gevind.

Joni wou nie die naam van die oorledene of die oorsaak van haar dood bevestig nie. “Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.