Man vas vir Rhodespark-aanval

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die skokvoorval waartydens twee pare op 17 Oktober in Rhodespark in Kensington in die ooste van Johannesburg aangeval is. Twee mans is vermoor en ʼn vrou is verkrag in die voorval.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 24-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en verkragting.

Die grusame aanval het wyd opslae gemaak met talle inwoners wat dringende aksie van die polisie geëis het. Die vier mense is net voor 19:00 deur 12 mans oorval toe hulle in die park gestap het. Die twee mans is deur die aanvallers vasgebind en in die dam gegooi. Polisieduikers het later hul liggame uit die water gehaal. Een vrou is deur ʼn aanvaller verkrag, terwyl die ander vrou daarin kon slaag om te vlug.

Volgens Dlamini is die polisie steeds op soek na 11 verdagtes wat vermoedelik by die aanval betrokke was.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Irene ·

Dankie SAPD vir goeie werk weet jul gaan die ander kry . Ek bid vir jul lewens en werk

Berhalet Beukes ·

Die wetteloosheid in Suid-Afrika is toenemend en by die dag meer grusaam. Waar en wanneer gaan n lyn getrek word?

Tobie ·

Ek het my bedenkinge oor die aanval. Dit alles klink na n vreeslike storie, dalk het die twee vrouens dit nog beplan… Om sodoende van hulle mans ontslae te raak.

En die stomme een wat gevang is? Ek dink dis n desperate poging van die polisie om die druk van hulle skouers af te haal. Daai stomme ou gaan sit vir iets wat hy nie gedoe het nie.

Jakoba ·

Toni’s het jy al jou varkies op hok? Water vrou gaan haar eie verkragting beplan? Regtig ?

Swanna ·

Tobia’s jy het dalk daar ‘n goeie storie beet. Enige iets is moontlik vandag.

Cecil Doyle ·

Hallo Winston,
Dit help nie almal word gekry en toe gesluit nie. Oor n jaar of twee is hulle weer uit. Die doodstraf is al wat sal help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.