Man vas vir saakbeskadiging en brandstigting

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Madibogo in Noordwes het ʼn man (24) in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging en brandstigting ná hy twee huise beskadig het.

Die man het glo die een huis met klippe bestook en die ander een aan die brand gesteek.

Volgens sers. Kelebogile Moleko, ʼn polisiewoordvoerder, het die man Maandag ʼn rusie met sy vriendin gehad. Hy het glo na haar huis toe gegaan en aangedring om haar te sien omdat sy glo geld uit sy bankrekening onttrek het.

“Hy het die huis bestook met bakstene ná sy geweier het dat hy inkom,” het Moleko gesê.

Die man het glo Maandagaand omstreeks 22:30 die vensterrame van ʼn ander huis opgebreek en dit aan die brand gesteek. Volgens Moleko het hy die eienaar van die huis beskuldig dat hy met sy vriendin ʼn verhouding het.

Die bure het gehelp om die brand te blus, maar die huis het baie skade opgedoen.

Die verdagte sal op 4 Januarie in die landdroshof op Atamelang verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Die mans in ons land moet ophou om te dink vrouens is hulle PRIVAAT EIENDOM!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.