Man vas vir seksuele aanranding van bejaarde vroue

Argieffoto

ʼn 36-jarige man sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Mosselbaai verskyn nadat hy verlede week in hegtenis geneem is op aanklagte van seksuele aanranding asook die besit van kinderpornografie. Die man het glo bejaarde vroue in ʼn fasiliteit vir mense met demensie en Alzheimer se siekte in Mosselbaai seksueel mishandel.

Die man sal tydens sy hofverskyning na verwagting aansoek om borgtog doen.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Da Gamaskop het verlede Maandag klagtes van onsedelike aanranding van die oord ontvang.

Na ʼn aanvanklike ondersoek het dit aan die lig gekom dat ʼn werker (die verdagte) op 29 Augustus in die vroeë oggendure homself voor ʼn 79-jarige bedlêende vrou ontbloot het.

“Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe dieselfde werknemer ʼn ander vrou van 96 jaar oud [glo] seksueel mishandel het,” vertel Pojie.

Die werker is in hegtenis geneem en die polisie het op sy selfoon beslag gelê. Kinderpornografie is op sy foon ontdek en dit is vir forensiese ontleding gestuur.

Die verdagte word aangekla van onder meer verkragting, onbetaamlike ontbloting en die besit van kinderpornografie. Hy het verlede Woensdag vir die eerste keer vlugtig in die hof verskyn.

“Die Wes-Kaapse polisie se provinsiale bestuur veroordeel hierdie walglike dade teen die kwesbaarste van ons samelewing, bejaardes, ten sterkste,” het die polisie gesê.

Pojie sê die ondersoekbeampte verbonde aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) in Mosselbaai, gaan die verdagte se aansoek om borgtog teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarel ·

Hoeveelste geval nou al? BEE aanstelling ? Word die mdnze se geskiedenis nsgagasn voor asnstelling??

Casper ·

Seksuele misdade teen ou vrouens.Ramaphosa her mos gesê geen borg vir sulke boewe nie.

Antoinette ·

Dit is nou siek verby.
Al hoe meer word slegte dade met ons bejaardes gedoen in die aftree oorde, ouetehuise en fasiliteite.
Dit laat my 2 maal dink of ek na n ouetehuis, aftree oord of fasiliteit moet gaan.

Wat op dees Aarde ·

Liewe hemel! Waar kom al hierdie siek mense vandaan??? Ek sal maar nie sê wat ek dink nie…

LANA is ELANè ·

Siek wêreld waarin ons leef, met baie bose mense daarin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.