Man vas vir ‘smokkel’ van 87 600 pakkies sigarette

Die sigarette waarop beslag gelê is, is sowat R800 000 werd. (Foto: Gautengse verkeerspolisie)

Die polisie het by ʼn padblokkade tussen Gauteng en Limpopo beslag gelê op ʼn allemintige besending sigarette.

Die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid het Saterdag in ʼn verklaring gesê die 32-jarige verdagte, ʼn Ethiopiër, is op die N1 naby die Carousel-tolhek aangekeer. Hy was in besit van 87 600 pakkies Remington Gold-sigarette met ʼn waarde van nagenoeg R800 000.

Gautengse verkeersbeamptes het die man in hegtenis geneem. Hy is in aanhouding en verskyn later in die Temba-landdroshof op aanklagte van die onwettige besit van en handel in sigarette, asook vir die besit van ʼn vervalste afsonderingsdokument.

Die departement het die beamptes geloof omdat hulle “veiliger gemeenskappe skep”.

“Optredes soos dié is noodsaaklik tydens die Covid-19-afsonderingstydperk om die misdaadgety om te keer. Wetstoepassingsagentskappe sal voortgaan om die vraag na en verskaffing van onwettige goedere te ontwrig en sal verseker dat die sindikate verantwoordelik vir die produksie daarvan gevang word,” het Obed Sibasa, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Coolbanana ·

Eintlik lagwekkend hierdie wetstoepassing…. N druppel in die emmer waar hierdie bedryf 30 biljoen werd is per jaar, nog R29 biljoen om te konfiskeer…. Skep eerder jul aandag aan regte krimenele oortredings?

Pieter ·

More dan koop mense dit by die S. A. P die land is om van op te gooi.

Wil ook net sê ·

Die “S. A. P” het geen aandeel gehad in die konfiskering van hierdie man se goedere nie. Daar is ‘n reuse verskil tussen SAPD en metropolisie. Volgens die berig het verkeersbeamptes die goedere gekonfiskeer, dus metropolisie. In elk geval word onwettige sigarette en drank in registers aangeteken en vernietig, nie verkoop nie. Daar is vrot kolle in beide SAPD en metropolisie, maar dis growwe veralgemening om almal oor dieselfde kam te skeer.

Niklaas ·

Ek sal graag later wil uitvind wat geword het van die gekonfiskeerde vrag. Dit sal interessant wees. Alhoewel die prys moontlik dieselfde sal bly, gaan die winsdelers “n ander party wees.

Andrew ·

Toemaar. Die ander 10 voetruie met siggies is verby julle toe julle die mule gevang het.

OppieProvince ·

More Pampoenbril, laat weet my as jy die inligting kry, sal graag halfies-halfies met jou gaaan

Axel ·

Hoe het dit gebeur dat hy so ver gery het sonder ‘n probleem? Ek ry 1km na Pick ‘n Pay en word 2 keer gestop!!! Daar is Suid-Afrikaners van alle rasse wat sonder kos sit, geen hulp van die Staat, maar sigarette van amper R1m sou “iemand” nog
ryker gemaak het! Die burgers van sy eie Land kripeer van hongerte. Genoeg is genoeg, gee ons ons vryheid terug in die afsonderings tydperk, om self te kan besluite neem Mnr Ramaphosa, ons is volwasse genoeg , alkohol en sigarette het niks met die Coronavirus te doen nie, maar jy maak kriminele van Suid-Afrikaners.

Armand ·

R800 000 se waarde is net so onder R10 n pakkie , dit klink onmoontlik even voor die lockdown . Met die pryse wat hulle nou gemiddeld vra per karton is daai 87000 pakkies skuins oor die R 4 mil werd . Dis teen R50 n pakkie . Ander manne vra R 70 n pakkie dan lig die waarde na 00r die R 6 mil . Iemand in Blou gaan nou lekker geld maak !!!

Baardman ·

Teen huidige pryse sou iemand baie meer as R10m gemaak het.

Stella ·

Ek dink . Hulle moet kyk of al die “gekonfiskeerde” sigarette nog veilig . Nie waar nie

Boertjie ·

“..veiliger gemeenskappe…” … Ek kon so baie nou kwytegraak het, maar ek sal liewer nie. Nooit gedink ek sal die dag beleef dat ‘n roker ‘n gevaarliker misdadiger is as ‘n skarminkel met ‘n vuurwapen is wat my lewe bedreig nie, maar nou ja.

Peter ·

Dan is daar nog n “somfout” ook. Sou ek 87600 net met R10 vermenigvuldig kan dit dalk by die R800 000 uitkom. Ons weet natuurlik dit is nie R10 nie, ook nie R20 nie. Meer na R100 se rigting.

Kanjynoumeer ·

Me Nkosana, jy leer mense om nou wragtag skel te wees tydens die pandemie. Vang een, maar talle is suksesvol. Jy kan onmoontlik nie tevrede wees met jou besluit nie.
Glo my van iemand wat gerook het, as daardie lus vir n sigaret daar is, gaan jy plan maak. Nie jy of die President sal dit kan keer nie. Simpel plan!

Stefan ·

Elke tiende ou verkoop smokkel sigarette van die huis af, algemene kennis en niks word daaraan gedoen nie.

Wynand ·

Die waarde van die sigarette is meer soos R13 140 000 teen die huidige prys van R150 per pakkie. Dis nie naastenby 800k nie.

Jacobus ·

Misdaad gety – van bo gelei eerder beskryf as misdaad tsunami.

Stofdonkie ·

Die skrywer van die artikel is duidelik nie ‘n roker nie. Weet julle wat kos sigarette op die stadium? Die geraamde straatwaarde van die sigarette is meer in die omgewing van R6,6 miljoen. As hulle vir my kan wys waar om sigarette te koop vir R9.13 per pakkie dan ry ek nou en gaan koop sommer 1000 pakkies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.