Man vas vir spoed, dronkbestuur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is op die N1 in Midrand in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur en die spoedgrens oortree het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die 30-jarige man is omstreeks 01:00 Sondagoggend teen 185km/h vasgetrek. Volgens Minnaar het metrobeamptes vermoed dat die man onder die invloed van alkohol bestuur en is daar ʼn bloedmonster geneem.

Die man is na die Midrand-polisiestasie geneem en sal na verwagting Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

pop ·

Hoekom haal dit die nuus. Dalk n wit man. Dit sal verklaar hoekom daar bloedmonsters geneem word

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.